stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte     *    stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte     *    stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte     *    stuur 'n geskenk van tuisgemaakte lekkerte

 
 
 
   

 

Die "LekkerBekke" staan bekend   as Wirie en Andanté - Die Ma en Dogter Span van Johannesburg - wat lekker kry as ons kan lekker eet en drink!

Kos en kosmaak is ons passie!

Vra vir meer of selfs die resep (as daar ooit so iets is) want om lekker te kook kom van die hart en nie van 'n resepteboek nie.

 

 

 

 

In ons soektog na ander Lekkerbekke  het ons die land deurkruis.

 

In klein plattelandse dorpies met peperboom lanings, in plaaspaaie af, by boere en buurtmarkte het ons eiesoortige mense gevind wat die lekkerste tuisgemaak maak.

Al proe-ende het ons lekker gekry  vanaf die Groot Karoo, Swartland, Breede Rivier Vallei, Boland tot in die Moederstad.

 

 

Daardie lekker is nou vir jou beskikbaar, of vir 'n vriend, personeellid of besigheidsvennoot. Maak nie saak vir wie jy 'n LekkerBek geskenk wil gee nie, dit is pragtig verpak volgens

die streek waar dit gemaak word.

 
 

!

Onthou:

Dis die klein dingetjies in die lewe wat saak maak !

Dankie vir jou harde werk - Dankie dat jy my vriend is -
Dankie vir die lekker ete of om net te sê Ek gee om.